26 October 2009

“Jy het nie versekering nodig omdat jy gaan sterf nie, maar omdat jy gaan lewe”

Statistieke oor gevreesde siektes is genoeg om jou naar te maak! Een uit elke vier mense kry ’n hartaanval, kanker word by een uit drie gediagnoseer en een uit elke 11 vroue kry borskanker.

Agt uit elke honderd mense sal ’n beroerte kry waarvan slegs 10 persent volkome sal herstel en 53 persent agterna volkome afhanklik van ander se sorg sal wees. Dan het mense dikwels oë skuldvlakke en hulle is veronderstel om nog baie jare geld te verdien.

Jou gesondheid en vermoë om ’n inkomste te verdien is jou grootse bate. Hoe beskerm jy jou inkomste tans?

Gevreesdesiekte dekking asook Ongeskiktheids Inkomste is die oplossing. Ongeskiktheids Inkomste bied beskerming teen tydelike of permanente gevalle waar jy weerhou word deur ’n siekte of ongeskiktheid om ’n inkomste te verdien. Die dekking sal geldig wees tot aftrede van 60 of 65.

Nou is daar ook Tydelike Ongeskiktheids Inkomste beskerming beskikbaar wat jou inkomste vir 24 maande beskerm.

“Jy het nie versekering nodig omdat jy gaan sterf nie, maar omdat jy gaan lewe”

Dr. Marius BarnardHartspesialis en pionier van gevreesdesiektedekking

Vroeër in die jaar het Dr. Barnard gedurende ’n seminaar met ons gedeel hoe van sy pasiënte finansieel sukkel nadat hulle ’n siekte of ongeval oorleef. Sommige verloor liggaam funksies, brein funksies of verkeer emosioneel onstabiel en kan nie langer ’n inkomste verdien nie.

Maandelikse uitgawes soos voedsel, water, ligte, verblyf en baie meer word nie deur jou mediese fondse gedek nie!

Kontak my onmiddellik om uit te vind hoe ons jou inkomste kan beskerm en of jy tans beskerming het?

For the English version please contact me.

No comments: